+23

Familie gastehuis

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Plein Street, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Familie gastehuis is in 'n stil area van Wellington-Noord en bied gerieflike verblyf aan die gesin en vriende.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 'n dubbelbed het. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en elke slaapkamer het oorgenoeg kasruimte. Die eerste badkamer het 'n stort, wasbak en toilet, terwyl die tweede badkamer 'n bad met 'n handstort, wasbak en toilet het. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis het lugversorging en is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, eetgerei en breekware, asook 'n koffiemasjien toegerus. Die kombuis lei na die eet- en leefarea met gemaklike rusbanke, 'n TV en 'n knus kaggel.

Daar is braaigeriewe op die perseel en gaste kry veilige parkeerplek.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Andries S
Gesin met klein kinders
5.0
Gesinsvriendelik, ruim. Het baie lekker gebly, die hele huis is ruim, baie sentraal, veilig en gerieflik. Die gasvrou was baie behulpsaam.
Nov 2025
Amanda R
5.0
Om die aand in 'n kraakvars bed in te klim na 'n lang reis was wonderlik. Was baie lekker. Rustig. Skoon!
Nov 2025
Siyabulela M
Gesin met klein kinders
5.0
It was good value for money. We had a pleasant stay and the area was so peaceful and quiet. Surrounded by trees and a park in front. I ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Hennie R
Saam met vriende
5.0
Lekker! Alles was netjies en in werkende toestand. Dit is 'n lekker kuierhuis.
Mei 2025
Ilouise K
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker. Ons het verskriklik lekker gebly. Die huis is netjies, en 'n rustige area geleë. Die huis is puik toegerus met alles wat mens nodig het e...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Theani Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 8 Plein Street, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Familie gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Plein Street, Wellington, 7655, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc8f18f238b25482ba12317494bbf28df8f4fe2c8cc6a955873d12835dd3563cefcc794b4cb96375cf4d1020e4149348c9db1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag (plek vir 6) 16 5 1 5 8 Plein Street Wellington 7655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.6427621 19.017945

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang