Fascadale Heights no 3

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fascadale Heights is 'n pragtige, ruim selfsorgwoonstel in 'n puik hysbakvriendelike sekuriteitskompleks en bied lieflike see-uitsigte van die Indiese Oseaan. Dit is na aan die strand in Ramsgate geleë en sowat 100 m vanaf die hoofstrand ('n blouvlagstrand) en die getypoel.

Die verblyf bestaan uit 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en aparte badkamer, 'n volledig toegeruste kombuis, 'n sitkamer met 'n slaapbank, TV, balkon asook 'n eetkamerarea met 'n eetkamertafel vir 6 mense. Die eenheid is perfek vir 'n paartjie met 2 kinders. Daar is ook 'n toesluitmotorhuis vir 2 voertuie beskikbaar.

Ramsgate is 'n ouwêreldse dorpie en sowat 115 km suid vanaf Durban. Dit bied 'n pragtige omgewingsvriendelike en veilige strand met lewensredders aan diens en blouvlagstatus. Daar is nog 'n strand wat 'n gunsteling onder branderplankryers is en wat ook oor 'n jettie beskik. Daar is 'n getypoel wat baie gesinspret bied en 2 natuurlike strandmere; die hoofstrandmeer het kano's en trapbootjies te huur.

Slaapplek

'n Bespreking by Fascadale Heights no 3 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Gedeelde DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fascadale Heights No 3 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false