Field and Stream
- Kapasiteit: 31 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tonteldoosweg, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Vanaf R1 310 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Field and Stream is op 'n plaas net buite Dullstroom op die Tonteldoospad geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n stil, rustige omgewing waar gaste absolute privaatheid en panoramiese uitsigte kan geniet. Ons is wyd bekend vir ons kunsvlieghengel-geriewe. Ons het 2 damme, 'n keerwal en 4 km van die Witpoortrivier vloei al langs die suidelike grens van die plaas.
Field and Stream bied verblyf in 5 aparte eenhede. Daar is 2 klipkothuise met 'n uitsig oor die dam wat elkeen slaapplek vir 6 tot 8 gaste bied. Die lodge bo die keerwal bied ook 'n pragtige uitsig en het het slaapplek vir 10 gaste. Dan is daar 'n kothuis met slaapplek vir 2 gaste en die plaasopstal wat slaapplek vir 6 gaste bied. Al die eenhede is toegerus vir selfsorg. Die plaas is reeds gevestig as 'n noemenswaardige visvangbestemming met reënboog- en bruinforel. Ons vra egter dat hengelaars nie die bruiforel hou nie, maar slegs op 'n vang-en-vrylaat-basis vang.
Slegs 3 van die eenhede (The Nest, Cormorant Cove en The Farmstead) is troeteldiervriendelik mits dit vooraf gereël word.
Die plaas bied watervalle met piekniekplekke en swem-areas met pragtige staproetes langs die strome en op die paadjies wat die plaas deurkruis. 'n Paar van die roetes is ideaal vir bergfietsry. Daar is heelwat bergfietsroetes rondom Dullstroom wat aan te beveel is en elkeen kan bereik word vanaf die plaas.
Aan die bopunt van die plaas sal jy die Field and Stream Kleiduifskietbaan vind. Dit is op die meeste Saterdae tussen 10:00 en 17:00 oop, maar kan ook later of op ander dae oopmaak indien dit vooraf gereël word. Die skietbaan is ideaal vir rampartytjies, familiesaamtrekke en spanbousessies.
Die plaas bied 'n konferensiesentrum vir 25 afgevaardigdes. Dit het 'n oorhoofse projektor, 'n blaaibord, muurproppe, kragdrade, 'n TV en kragopwekker. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis en 'n buitebraai-area. Spyseniering en spanbou-aktiwiteite kan gereël word.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Televisie
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Gregory Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 86
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Tonteldoosweg, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink Field and Stream het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Highlands Meander Mpumalanga
- Kapasiteit: 31 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tonteldoosweg, Dullstroom, 1110, Mpumalanga