LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Fish Eagles Lodge | LekkeSlaap
+28

Fish Eagles Lodge

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietfontein Pad, , Addo, 6105, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Fish Eagles Lodge bied B&B-verblyf en is aan die oewer van die Sondagsrivier in Addo in die Oos-Kaap geleë. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na rus en gerieflike akkommodasie en gasvryheid naby verskeie doendinge.

Akkommodasie by Fish Eagles Lodge bestaan uit 3 slaapkamers wat ruim en oulik versier is. Die kamers is gemeubileer met 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens of 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad, of met 'n wasbak en toilet. Hierdie kamers bevat geriewe soos 'n plafonwaaier, muurverwarmer, 'n yskassie met tee- en koffiemaakgeriewe, badhanddoeke en 'n deur wat oopmaak na die dek met uitsigte oor die rivier.

Gaste kan 'n smullekker ontbyt in die eetarea geniet wat ook 'n groot kaggel en gemeenskaplike sitkamer bevat, met gemaklike leersitplek waar jy lekker kan sit en kuier. 'n Dek lei vanaf die eetarea waar gaste kan ontspan en saam met die gasheer/-vrou 'n drankie kan drink, of gebruik kan maak van die braaigeriewe.

Fish Eagles Lodge het 'n diverse voëllewe wat gereeld die lodge besoek en die lodge het direkte toegang tot die rivier waar gaste kan afkoel of 'n bietjie kan visvang. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir voertuie en die Addo-Olifantpark, privaat safari-toere en soveel meer is net 14 km se ry van ons af.

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Fish Eagles Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Rietfontein Pad, , Addo, 6105, Oos-Kaap
  • Gaste dink Fish Eagles Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietfontein Pad, , Addo, 6105, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVjYTllNDNlLTRmYjktNDljYi05YTA2LTZlYTdkNzM0YmYyNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 Rietfontein Road Sunland 6105 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.516283156904 25.631230920553
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!