Fishermans Flat and House
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Garrick-laan 55, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Fishermans Flat and House is stapafstand van St. Lucia af. Dit is in die hartjie van Zoeloeland en bied gerieflike verblyf aan 6 gaste.
Die woonstel is op dieselfde perseel as die hoofhuis en dit bestaan uit 2 slaapkamers met lugversorging, wat 'n badkamer met 'n bad en stort deel. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat ook opgemaak kan word as 2 enkelbeddens, en die tweede kamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n stapelbed en is dus geskik vir ouers met kinders. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en al die nodige eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea beskik oor satelliet-TV en bied toegang tot die stoep.
Gaste kan die onderdak-braaigeriewe en swembad gebruik en daar is 'n klimraam wat die kinders ure aaneen besig sal hou.
Onderdakparkeerplek is beskikbaar en die woonstel word daagliks skoongemaak. Die eenheid is troeteldiervriendelik, maar let asb. daar ook troeteldiere is wat in die hoofhuis woon.
Verskeie aktiwiteite en besienswaardighede is in die omgewing beskikbaar en dit sluit in: wildkyk, visvang, stap en voetslaan asook die Igwalagwala natuurroete en riviermonding, die Hluhluwe Wildreservaat en Kaap Vidal.
Fishermans Flat and House is 'n skakelhuis. Fishermans House en Fishermans Flat is langs mekaar op 'n groot losstaande eiendom.
Fishermans House het 4 slaapkamers en is perfek vir 'n groot gesin. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n dubbelwasbak en 'n groot stort. Dié slaapkamer bied toegang tot 'n gemeenskaplike swembadarea en beskik ook oor 'n groot kluis.
Daar is 2 slaapkamers wat elkeen 'n dubbelbed het. Die derde slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n stapelbed wat perfek is vir ouers wat met hul kinders deel. Die hoofslaapkamer en die 2 ander slaapkamers het lugversorging. Die derde slaapkamer het 'n groot plafonwaaier.
Die TV- en vermaakkamer het 'n TV met die volle DStv-pakket. Die moderne kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n dubbel-yskas, oorgenoeg pakplek, elektriese toebehore soos 'n mikrogolf, 'n ketel en 'n broodroosters. Daar is ook 'n groot gasstoof en -oond. Die kombuis bied toegang tot 'n gemeenskaplike onthaalarea met 'n groot ingeboude braai buite en lekker baie sitplek.
Die gemeenskaplike area buite het 'n swembad, 'n speelplek met 'n klimraam vir kinders en braaigeriewe.
Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.
Fishermans Flat and House is naby die strand, restaurante, winkels, 'n kerk, 'n drankwinkel en 'n skoonheidsalon geleë.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Andre Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Garrick-laan 55, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Fishermans Flat and House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in St. Lucia-riviermonding Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Garrick-laan 55, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal