Fletchers Cove

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 18 Jul 2019 tot 19 Sep 2019.

Beskrywing

Fletchers Cove is 'n dubbelverdiepinghuis wat ten volle toegerus is vir selfsorg en in die veilige landgoed van Shelley Point Country Club en Spa in St. Helenabaai geleë is. Dit is perfek vir 'n groep vriende of 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf naby 'n verskeidenheid doendinge aan die Weskus.

Die huis het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 ruim slaapkamers en 2 badkamers en daar's 'n slaapbank in die sitkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n stort, terwyl die tweede en derde kamers 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens het en hulle deel die tweede badkamer met 'n handstort-oor-bad. Die kombuisgeriewe sluit in 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n wasmasjien, skottelgoedwasser, en oorgenoeg ingeboude kaste vir eetgerei, breekware en ander toebehore.

Die eetkamer- en sitkamerarea is oopplan en sluit 'n tafel met sitplek vir 6 mense in. Daar is ook leerbanke in die sitkamer, 'n kaggel en 'n TV met 'n DVD-speler en 'n DStv-koppelpunt, so jy kan gerug jou eie slimkaart en dekodeerder saambring. Fletchers Cove het ook 'n Weberbraai en die omheinde, beskutte tuin bied oorgenoeg plek vir die jongspan om te speel.

Daar is 'n dubbelmotorhuis vir voertuie en die landgoed het 2 gemeenskaplike swembaddens waarin gaste kan gaan afkoel op warm dae. Daar is ook die gholfbaan, tennisbane, restaurante, 'n spa en 'n rolbalperk. Binne net 2 minute se stap sal jy op die bekende Goue Myl-strand wees en as jy 'n entjie ry sal jy nog 'n hele rits aktiwiteite en besienswaardighede aantref.

Slaapplek

'n Bespreking by Fletchers Cove sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fletchers Cove gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 R967 per nag (plek vir 8)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 18 Jul 2019 tot 19 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false