Flintstones Guest House (Cape Town)

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Flintstones Guest House is 'n plek waar jy so tuis sal voel soos by jou eie huis terwyl jy in die vriendelike, huislike atmosfeer ontspan. By ons sal jy altyd bederf en gepamperlang word, want ons grootste passie is om elke gas se verblyf onvergeetlik te maak.

Verwelkomende dekor en aardse kleure word hier vervleg en ons bied 'n groot verskeidenheid moderne geriewe. Ons verseker dat Flintstones Guest House aan al die behoeftes van internasionale toeriste, plaaslike sakereisigers, vakansiegangers en selfs sportgroepe voorsien.

Die gastehuis is ideaal geleë, slegs 300 m vanaf die strandmeer en die strand. Perfek vir diegene wat op die strand wil ontspan terwyl hulle die uitsigte op Tafelberg - een van die 7 natuurwonders van die wêreld - geniet. Ons is verder ook na aan 'n verskeidenheid restaurante geleë, en gholf-liefhebbers sal in hul noppies wees met die maklike toegang tot die Milnerton Links Gholfklub.

Geriewe op die perseel: WiFi, faksmasjien, drukker, kopieerder, kroeg, wasgoedgeriewe, kinderoppasdiens, veilige parkeerplek op die perseel vir 12 motors, rookareas, 1 troeteldiervriendelike kamer (onderhewig aan bevestiging - grootte van hond moet aangedui word), 1 rolstoelvriendelike kamer.

Vir diegene wat sonder 'n voertuig op reis is, het ons goeie nuus. Ons is gerieflik geleë langs die MyCiti-busroete wat in Bloubergstrand stop (bekend vir seilplankry en strande) sowel as in die stadskern, die V&A Waterfront, Seepunt, Die Kasteel en lieflike Clifton-strande! Ander besienswaardighede soos die Kaapse Wynlande, Ratanga Junction en die inkopie-mekka, Canal Walk, is minder as 'n halfuur se ry weg. Ons is gerieflik geleë slegs 17 km van die Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Ons bied ook 'n motorhuurdiens, 'n 2009 Volkswagen Caravelle Mikrobus, teen 'n addisionele fooi, so jy kan gerieflik al die bogenoemde besienswaardighede gaan besoek.

Gaste is mal oor die huislike atmosfeer wat hier heers. Dit is waarom hul keer op keer terugkeer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Flintstones Guest House (Cape Town) gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R910 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za