Forest View Cabins

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Forest View Cabins is 14 km buite die tropiese dorp Tzaneen geleë, en word omring deur die majestueuse Wolkberge en woude. Dié selfsorgverblyf is knus, elegant en spog met prentjiemooi uitsigte.

Berblyf word in 4 stylvol versierde houthuise wat volledig is vir selfsorg toegerus is, gebied. Daar is 2 houthuise met 2 slaapkamers en ’n groot dubbelslaapbank in die sitarea, wat gemaklik slaapplek aan 6 gaste bied. Die ander 2 houthuise is oopplan en het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Elke houthuis het ’n onderdakdek met asemrowende uitsigte.

Forest View Cabins het elektriese heinings en geslotekringtelevisie vir gaste om werklik te ontspan sonder om oor hulle veiligheid te bekommer.

Forest View Cabins is ideaal geleë vir gaste om die omliggende areas te verken wat tientalle diverse dinge bied om te sien en doen. Almal moet soms wegbreek van die gejaag van die alledaagse lewe en Forest View Cabins is die ideale keuse met geen verkeer, geen TV en geen onderbrekings nie.

Let asb. daarop dat Forest View Cabins in 'n beboste area is en dat die bosbou-aktiwiteit op naburige plase moontlik steurend kan wees tydens werkure. Let ook op die 3,5 km lange grondpad wat na die akkommodasie lei.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Forest View Cabins gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false