Forestview Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Forestview Guesthouse in Sedgefield word deur die eienaar bestuur. Sedgefield is 'n kusdorpie wat 'n rustige leefstyl bevorder en gaste kan in die omgewing en in die prentjiemooi strate stap en fietsry. Die dorp word deur 7 vleilande omring en daar is verskeie voëlspesies en hengelgeleenthede aangesien die streek 'n toevlug vir fauna en flora is.

Verblyf is beskikbaar in 5 en suite-kamers wat elk 'n privaat ingang het. Al die kamers het gratis WiFi, 'n yskassie, en tee- en koffiemaakgeriewe.

Daar is 'n groot, gemeenskaplike eetarea wat vas is aan die sitarea met 'n kaggel en 'n TV met DStv. Parkeerplek is beskikbaar op die perseel agter 'n afstandbeheerhek.

Gaste kan walviskyk in seisoentyd, voetslaan en verskeie ander doendinge deur die jaar geniet aangesien die temperatuur matig is. Sedgefield spog met 5 ongerepte strande waar branderplankryers, dagbesoekers en sonliefhebbers kan ontspan. Daar is ook restaurante, koffiewinkels en ander eetplekke stapafstand van die gastehuis wat sal sorg dat elke gas iets besonders te ete kan kry vir elke geleentheid.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Forestview Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R630 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false