Foxy Crocodile Bush Retreat & Kruger Safaris
Kry 40% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seekoeiweg 4401, Marlothpark, 1320, Mpumalanga
-
Vanaf
R3 999R2 399 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Foxy Crocodile Bush Retreat & Kruger Safaris skuil in die Afrika-bos en bied alles wat jou hart begeer. Die ruim chalets is ontwerp om die natuur in te nooi, terwyl gaste ten volle ontspan en herlaai. Die oord skuil in Marlothpark, knus teen die oewer van die Krokodilrivier langs die wêreldbekende Krugerwildtuin.
Die chalets het verskeie ontspanningsareas wat na buite lei. Hier kan gaste met 'n boek ontspan, 'n middagslapie vat, voëlkyk of diere in hul natuurlike habitat besigtig.
Die instansie is onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk en maak gebruik van sonkrag, boorgatwater en gast vir verhitting. Kragonderbrekings en waterbeperkings het dus nie 'n invloed op gaste se verblyf nie.
Meeste van die eenhede het WiFi, 'n TV, lugversorging, 'n privaat plonspoel en 'n boma of braaigeriewe. 'n Kontinentale ontbyt kan vooraf teen 'n ekstra koste gereël word. Die oord het ook piekniekmandjies, safaris op 'n oop voertuig deur die Krugerwildtuin en ander dienste wat gaste kan bespreek.
Andersins kan die personeel namens gaste 'n bespreking maak vir toegang na die Krokodilhek. Die personeel kan ook avontuurbesprekings behartig.
Foxy Crocodile Bush Retreat is geskep met paartjies in gedagte. Mark en Gail was daarop uit om 'n romantiese ruimte te skep waar paartjies kwaliteittyd saam kan deurbring. Dit is duidelik te sien in die detail wat van hierdie oord 'n asemrowende, romantiese wegbreek maak.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Basil Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 31
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Seekoeiweg 4401, Marlothpark, 1320, Mpumalanga
- Gaste dink Foxy Crocodile Bush Retreat & Kruger Safaris het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seekoeiweg 4401, Marlothpark, 1320, Mpumalanga