LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Frogs Place and Siebs Place | LekkeSlaap
+33

Frogs Place and Siebs Place

Selfsorg
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Helenastraat 26, Helena Heights, Somerset-Wes, 7310, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Frogs Place and Siebs Place bied selfsorgverblyf in Somerset-Wes, 'n dorp wat deur majestueuse berge en wingerd omring word en 'n uitsig oor die kobaltblou oseaan en die strand bied. Somerset-Wes is net 50 km van Kaapstad af in die Helderbergarea en is 'n paradys vir diegene wat van pragtige landskappe, wyn, dekadente etes en opwindende toeristebesienswaardighede soos Blue Rock Adventure Park en Monkey Town hou.

Die hoofhuis, Frogs Place, het slaapplek vir 6 tot 12 gaste en die aparte woonstel, Siebs Place, het slaapplek vir 1 tot 4 gaste. Die eenheid kan saam of apart bespreek word.

Frogs Place beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Daar is 3 slaapkamers met 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 dubbelbeddens. Daar is ook 2 slaapbanke vir 2 klein kinders in die huis. Albei badkamers het 'n bad, 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank. Die huis is ruim en gaste kan van die 2 braaikamers gebruik maak. Daar is ook 'n lekker, groot vuurput in die agtertuin.

Siebs Place is langs die huis en het 'n oopplan-leefarea, -kombuisie en -slaaparea. Daar is 'n dubbelbed en 2 slaapbanke. Die badkamer het 'n stort. Daar is ook 'n deur wat toegang tot 'n aparte slaapkamer met 'n dubbelbed lei.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Helenastraat 26, Helena Heights, Somerset-Wes, 7310, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Helenastraat 26, Helena Heights, Somerset-Wes, 7310, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA03c97e1e5cf1a5f4c2e7c5095a082d8ec992af055065352ec83ee31322b9738827f5fb240b82e71be3d8ed289ba3a7b73cbe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 26 Helena Street Helena Heights 7310 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.059587774385 18.832407713492
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!