Fynbos Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die betowerende Fynbos Estate is in Joubertskloof in die Paardeberg weggesteek, na aan Malmesbury en slegs 'n uur se ry van Kaapstad af. Dit bied gerieflike, ruim plaasverblyf met 'n pragtige uitsig oor die Swartland, wingerde en bergnatuurreservaat.

Die verblyf is gepas vir paartjies, gesinne, familie-reünies, 'n groep vriende, trougaste, werkswinkels en wegbreke. Daar is 'n oorspronklike plaashuis, Honey Badger-huis. Caracal-kothuis en Black Eagle-huis en Owl-kothuis wat elk slaapplek aan 16 gaste bied.

Daar is 'n reeks buitelug-doendinge soos wandel in die natuurreservaat, voëlkyk, bergfietsry, swem in die swembad onder teen die berg en ontspan op een van die verandas. Grasperke, oop ruimtes. 'n klimraam en die kans om diere wat gered is te vryf maak dit 'n paradys vir kinders. Van die eenhede is troeteldiervriendelik.

Alhoewel die verblyf vir selfsorg ingerig is, voorsien ons smullekker plaasmaaltye vir groepe van 10 of meer. Gaste kan ons wyn (in 'n tradisionele 1900's-styl) proe indien hulle dit met die wynmaker reël.

Daar is selfoonontvangs in of naby elke gebou, 'n televisie met DVD-speler in die plaashuis en 'n skerm vir videos/DVD's in Honey Badger. WiFi is gratis, onbeperk en beskikbaar in die verblyf, werkswinkels en funksie-areas.

Sekere huise is troeteldiervriendelik.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fynbos Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za