Garden View Executive Suite

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Garden View Executive Suite is in die lowerryke voorstad Hurlingham, etlike minute vanaf Sandton se sakegebied en die Gautrein. Dis die ideale ligging vir oordeelkundige sakereisigers of as vinnige oorslaapplek vir toeriste.

Dié pragtige suite op die boonste vloer is ten volle gemeubileer en word bereik via trappe. Dit bestaan uit 'n oopplan-eenheid met 'n Europese koningingrootte-bed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie langsaan het 'n yskassie, mikrogolf, Nespresso-masjien en 'n ketel.

Die suite het 'n 32" TV met volledige DStv en maak oop op 'n Juliet-balkon. Gratis WiFi is beskikbaar en gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad en onderdak-parkeerplek vir 2 voertuie. Die suite kan op 'n selfsorg- of B&B-basis bespreek word.

Garden View Executive Suite is 5 tot 10 minute se ry vanaf winkelsentrums, Sandton se konferensiesentrum, die Amerikaanse Ambassade, St Stithians-skool, Wanderers Gholfklub en talle ander besienswaardighede.

Slaapplek

'n Bespreking by Garden View Executive Suite sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Garden View Executive Suite gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 133 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za