Gariep N1 Chalets
- Kapasiteit: 16 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eensgevonden Plaas, Driekuil/Ruigtevlei, Gariepdam, 9922, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R550 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Gariep N1 Chalets is in die middel van Suid-Afrika, tussen Johannesburg en Kaapstad en 15 km noord van die Gariepdam aan Bloemfontein se kant en sowat 500 m van die N1 af geleë. Die eenhede is omring deur die tipiese Karoo-natuur en bied wonderlike uitsigte oor die plaas, Karoo-vlaktes en asemrowende sonsondergange. Dit is die perfekte halfwegstop op pad na Port Elizabeth (500 km), Oos-Londen (450 km), Kaapstad (800 km) of Bloemfontein (180 km).
Daar is 2 selfsorg-chalets beskikbaar, wat elk slaapplek bied vir 5 gaste. Die chalets is ruim en goed toegerus vir al jou selfsorg-behoeftes. Dit beskik ook oor 'n privaat braai-area en 'n lekker kuierstoep.
Nog 'n eenheid, genaamd 'Barnhouse', wat volledig toegerus is vir selfsorg en slaapplek bied vir 6 gaste, is ook beskikbaar op die perseel. Dit is geskik vir alleenreisigers of vir groot gesinne. Die 2-enkelbedkamers in die plaashuis kan buite seisoen deur gaste bespreek word wat net op soek is na oornagverblyf. Doen asb. navraag vir meer inligting.
Vuurmaakhout is beskikbaar op versoek en teen 'n addisionele koste. Daar is 'n lekker plaasdam waarin gaste kan afkoel.
Dit is die perfekte oornagplek, net 15 minute se ry van die Gariepdam (Suid-Afrika se grootste varswaterdam) af. By die Gariepdam kan jy brandstof ingooi en daar is 'n supermark waar jy die basiese benodigdhede kan koop.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Eensgevonden Plaas, Driekuil/Ruigtevlei, Gariepdam, 9922, Vrystaat
- Gaste dink Gariep N1 Chalets het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 16 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eensgevonden Plaas, Driekuil/Ruigtevlei, Gariepdam, 9922, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom