Paternoster Akkommodasie by Gezellig | LekkeSlaap
+12

Gezellig

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Augustine-weg 21, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 200 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Gezellig is 'n stylvolle, gerieflike en ruim selfsorghuis in Paternoster, net 100 m van die see af. Neem asseblief kennis dat die strand besig en raserig kan raak in vakansietye.

Hierdie luukse huis bied slaapplek vir tot 8 gaste en dit beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer, -sitarea en onderdak-patio. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het koningingrootte-beddens en en suite-badkamers met storte en baddens. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n bad.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg en sluit 'n oond en stoof in. Daar is 'n TV-kamer op die boonste verdieping met lieflike uitsigte oor Bekbaai. Ander geriewe sluit 'n TV met volledige DStv en 'n kaggel in.

Die beskutte patio het braaigeriewe en 'n vuurput met sitplek vir 12 gaste. Daar is 1 toesluitmotorhuis en parkeerplek van die straat af beskikbaar.

Paternoster is 'n klein vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika en spog met 'n unieke kulturele ervaring.

Slaapplek

’n Bespreking by Gezellig sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 7 resensies vir Gezellig
Netheid
4.7/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • St Augustine-weg 21, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gezellig het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Augustine-weg 21, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJhMjU0ZmE0LTZkMDMtNDMxOC04ZDE5LWQ1MGU4OGNkYzJmYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 200  per nag (plek vir 8) 7 5 1 5 21 St. Augustine Road Paternoster 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -32.809448548517 17.88484741336
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za