- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1,5 km van die R543 af, Marina, Vrede, 9835, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 600 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Gibson Lake bied gerieflike oornagverblyf op die oewer van die Marina net buite Vrede. Dis die ideale keuse vir 'n familievakansie met 'n lieflike uitsig oor die dam en weg van die stad se gedruis.
Hierdie eiendom bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens sowel as 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamers het 4 enkelbeddens en gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer. Die vierde slaapkamer het 'n konininggroote-bed en ‘n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Die eenheid het wit linne en badhanddoeke word voorsien.
Die verblyf het ook 'n leefarea met 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Komplimentêre tee, koffie, suiker, melk en beskuit word voorsien. Verder is daar 'n knus sitarea met 'n kaggel en gemaklike sitplek. Gaste kan etes by die etenstafel geniet. Daar is DSTV en gratis wi-fi.
Buite is 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en braaigeriewe. Die stoep lei na 'n pragtige tuin met sitplek in die skadu van 'n groot wilgerboom. Gaste het ook toegang tot die houtdek wat oor die water strek.
Slaapplek
’n Bespreking by Gibson Lake sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Jacolene Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 47
Jaar gelys 6
Ligging
- 1,5 km van die R543 af, Marina, Vrede, 9835, Vrystaat
- Gaste dink Gibson Lake het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1,5 km van die R543 af, Marina, Vrede, 9835, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom