Gina's Self-catering Chalets

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bespreek 'n chalet by Gina's Self-catering in Geluksburg as jy reg is vir 'n verandering of op soek is na 'n unieke wegbreek. Staan verstom voor Ntintwaberg en sy sonderlinge rotsformasies of vind jouself in die Verlorenvallei. Hierdie omgewing is absoluut gemáák vir moeë siele wat smag na rus. Gina's is net 29 km van die N3 af, in die hartjie van die Drakensberge en halfpad tussen Pretoria en die kus. En Geluksburg is 'n unieke dorpie.

Ons bied 'n groot verskeidenheid verblyf-opsies ? van chalets en rondawels tot kampeerplekke met kragpunte. Kyk gerus na ons Zulu-hutte as jy op soek is na iets anders. Raak rustig hier by ons en luister na die tarentale en die neushoringvoëls. Dit is 'n absolute paradys vir natuurliefhebbers en die misdaad is baie min. Al wat jy nodig het om lekker te bly in ons volledig toegeruste chalets is jou eie proviand, klere, handdoeke en hout. Etes is beskikbaar op versoek vooraf.

Stap rustig deur die dorp, besoek die "winkelsentrum" waar noodsaaklike items te koop is. Maar onthou om jou eie kos te bring as jy nie net van Wilson-toffies en brood kan oorleef nie. Onthou ook om jou motor se tenk vol te maak voor jy Geluksburg besoek - brandstof is nie op die dorp beskikbaar nie.

Hier is iets vir almal - rus en vrede én avontuur! Doendinge in die omgewing: 4x4- en vierwielmotorfietsroetes, staproetes, swem, piekniekplekke by die waterval en voëlkykgeleenthede. As jy gelukkig is sal jy 'n neushoringvoël gewaar terwyl jy piekniek hou by die waterval.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gina's Self-catering Chalets gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false