Glen Ormond Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Glen Ormond is 'n eksklusiewe gastehuis op 'n skilderagtige, stil 6 hektaar eiendom bo die Mpofanarivier tussen Rosetta en Moorivier in KwaZulu-Natal se Middellande.

Die gastehuis bied luukse verblyf in privaat en suite-slaapkamers en selfsorgkothuise. Al die kamers het hul eie ingange en veilige parkeerplek. Die plaas het elektroniese hekke en 'n interkomstelsel vir toegangsbeheer.

Die eienaars is trots op die elegante dekor en die tuisgemaakte geregte wat hul bied. Die dekor is elegant, dog huislik en die meeste van die bestanddele vir die heilsame en smaaklike geregte word by plaaslike markte aangekoop. Ons maak ook voorsiening vir vegetariërs.

Die Midlands Meander is 'n stel roetes in die hartjie van KwaZulu-Natal. Besoekers stroom hierheen vir die gasvryheid, wonderskone omgewing, plaaslike feeste en geleenthede, heerlike kos, buitelug-aktiwiteite, adrenaliensport en avontuur, historiese besienswaardighede, reservate en bewareas, kuns en handwerk.

Midmardam is net 35 minute se ry van hier af. Besoekers gaan maak 'n draai daar om te seil, ski, plesier-ritte te onderneem en vir die wild te kyk. Gholf, kunsvlieghengel, perdry en 'n uitstappie na die Battelfields kan gereël word. Daar is ook boomtoptoere vir adrenalienvrate.

Glen Ormond Guest House is net 1 uur se ry van Durban af en 4 en 'n half ure op die N3-hoofweg van Johannesburg af. Ontdek plaaslike kunstenaars en probeer die leerstewels met wol aan die binnekant of leerskoene wat met die hand gemaak is. Koop 'n nuwe handsak of spog met jou aankope by die plaaslike brouery terwyl jy die plaaslike biere proe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Glen Ormond Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za