Glenhaven

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Glenhaven is ideaal geleë, stapafstand vanaf Nuweland se rugby- en kriekstadions, Cavendish Square en verskeie top-restaurante en kuierplekke. Kirstenbosch en die Universiteit van Kaapstad is net 'n paar minute se ry ver.

Glenhaven bied 3 kothuise met 'n keuse tussen selfsorg- of B&B-verblyf. Elke bekoorlike, stylvolle eenheid kan 'n gesin van 4 op 1 koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens plus 'n dubbelslaapbank huisves.

Elke kamer het 'n oopplan-leefarea en 'n en suite-badkamers, sowel as 'n kompakte, moderne kombuisie. Die kamers het satelliet-TV (indien verlang). Die boonste kamers het balkonne, terwyl die onderste kamers elkeen sy eie binnehof het. Elkeen het ook 'n eetarea. 'n Gekookte of selfsorg-ontbyt is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Daar is veilige parkeerplek en 'n privaat ingang. Gaste kan ook op versoek hier swem.

Glenhaven bied veilige en bekostigbare akkommodasie in die hartjie van die groen Nuweland, hetsy vir een nag of langer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Glenhaven gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za