Gnome Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Gnome Cottage is 'n ouwêreldse huis met ’n ongewone struktuur en in ’n pragtige, ruim, ommuurde tuin.

Die selfsorgkothuis het ’n gemaklike dubbelbed, ’n en suite-badkamer, ’n ten volle toegeruste kombuisie, en ’n leefarea wat uit 'n sitkamer een eetarea bestaan. Gehalte-beddegoed, -handdoeke, -toiletware, verhitting in die winter en gratis koffie- en teemaakgeriewe word voorsien. Daar is braaigeriewe en tuinmeubels. Die kothuis is troeteldiervriendelik.

Ons kan reël dat 'n skoonheidsterapeut gaste in die kothuis 'n behandeling of massering gee. Gaste kan kies tussen Indiese kopmassering, 'n voetspa-behandeling, 'n voet- en kuitmassering, 'n gesigbehandeling met ’n massering, en Reiki-behandeling. Hierdie tariewe is nie by die verblyftarief ingesluit nie.

Gnome Cottage is ’n kort entjie se stap van Clarens se middedorp met talle kunsgalerye, restaurante en interessante winkels. Daar is ’n wye verskeidenheid staproetes in die bewarea, asook 2 gholfbane nie te ver daarvandaan nie. Gaste kan ook forelvang, perdry, wildkyk, en op historiese uitstappies gaan wat fossiel-terreine, 'n dinosourusspoor en Khoi-San-rotskuns insluit. Daar is talle ander buitelug-doendinge en in Lesotho, sowat 90 km weg, kan jy selfs in die sneeu gaan ski.

Slaapplek

'n Bespreking by Gnome Cottage sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Spa-behandelinge
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

KaartMeer oor die omgewing 

Gaste wat na Gnome Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R640 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za