Plettenbergbaai Akkommodasie by Good Land Country Gastehuis | LekkeSlaap
+11

Good Land Country Gastehuis

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Robbeg-pad Uitbreiding, C2 Lughawepad, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 950 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Good Land Country Guesthouse is in pragtige Plettenbergbaai, op die Tuinroete geleë. Dit is 'n lieflike, ruim, selfsorgvakansiehuis waar tot 10 gaste baie gemaklik kan slaap en dit maak dit die perfekte huis weg van huis af. Ontsnap die raserige en besige Plettenbergbaai gedurende seisoentyd by ons klein stukkie hemel.

Good Land Country Guesthouse is op 6 hektaar-fynbos, op 'n kranspunt met veraf see-uitsigte oor Plettenbergbaai en die Outeniqua bergreeks geleë, en bied 5 slaapkamers, 4 badkamers (3 en suite-kamers), en 'n groot dubbelgrootte oopplan-sitkamer wat na 'n onderdaksondek lei. Van die dek af kan jy die mooiste sonsondergange sien, ideaal vir skemerkelkies na 'n lang dag van ontdekking.

Die huis is in blou, room en bruin kleure versier om die somer, sand en see van Plettenbergbaai te reflekteer, en met houtvloere regdeur sal jy so tuis voel jy sal nie wil vertrek nie. Linne en handdoeke word voorsien, asook 'n klein biblioteek vol gunstelingromanse, kaarte en speletjies. Jy hoef niks te bring behalwe jou strandhanddoeke nie.

Al die moderne toerusting wat jy sou wou hê om jou verblyf gemaklik te maak, insluitende 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolfoond, DStv Compact en DVD-speler, asook koordlose Internet is beskikbaar. Verder is daar ook 'n Weber-braai.

Ons groot binnenshuise, verhitte swembad is heeljaar beskikbaar en ons bied soggens wateraërobiese-oefeningklasse en kinderswemlesse in die middae aan (slegs op skooldae en teen 'n fooi). Jy is meer as welkom om dit buite hierdie tye te gebruik en saans.

Die eiendom is volledig omhein met elektroniese hekke om te verseker dat jy rustig by ons vakansie kan hou.

Ons sien uit om jou te verwelkom by Good Land.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 5 resensies vir Good Land Country Gastehuis
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Robbeg-pad Uitbreiding, C2 Lughawepad, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Good Land Country Gastehuis het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 950
per nag (plek vir 10)
Vanaf R2 950
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Robbeg-pad Uitbreiding, C2 Lughawepad, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM5NjAyYzViLTVjMzItNDVhZi1hMTQzLTQzZDI2MGJhY2Y3Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 950  per nag (plek vir 10) 5 5 1 5 Robbeg Road Extention C2 Airport Road 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 09:00 -34.081472953711 23.318781852722
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za