LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+17
Gastehuis in Pretoria-Oos

Grace Haven Gastehuis

  • Slaapplek vir 5 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 121 Matt Street, Unit 32, Mooikloof Gardens, Pretoria, 0181, Gauteng Sien kaart

Beskrywing

Gracehaven Gastehuis is in 'n sekuriteitskompleks in Pretoria-Oos geleë, met maklike toegang tot die N1, N4, en R21 via Garsfonteinweg, en bied 2 ruim eenhede op die boonste verdieping.

Gaste kan die Seabreeze-kamer met slaapplek vir 3 of die Mountainbreeze-kamer met slaapplek vir 2 bespreek. Seabreeze het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Die kamer het ook 'n privaat badkamer met 'n groot bad en stort. Mountainbreeze het 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n groot stort. Japonne en linne word in albei kamers voorsien.

Elke kamer het 'n TV met DStv, WiFi en 'n privaat ingang. Die kamers kan vanaf die gemeenskaplike kombuis en sitkamer bereik word. Die gedeelde kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstoof en oond, mikrogolf en yskassie. Gaste kan maaltye in die eetarea geniet of in die sitkamer ontspan wat na 'n stoep met 'n lieflike uitsig lei. Die sekuriteitskompleks is omhein met 24 uur toegangsbeheer.

Gracehaven Gastehuis is stapafstand van 'n park af, 1.4 km vanaf Woodlands Boulevard Winkelsentrum en 2.5 km vanaf Moreleta Konferensie Sentrum, die Netcare Pretoria-Oos Hospitaal en die Woodhill Gholflandgoed af. Die gastehuis is ook 3 km vanaf Doxa Deo, 6 km vanaf die Boardwalk Lakeside besigheidskompleks, en 8 km van die Kloof Hospitaal.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 79 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Peres P
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable, peaceful, clean, and very enjoyable. We had a wonderful stay and were very happy with our experience. The accommodation wa...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2026
Dawid G
Saam met lewensmaat
5.0
Geen probleme. Baie tevrede. Baie lekker gebly. Sal aanbeveel by ander mense.
Aug 2026
Alma B
Saam met vriende
5.0
Netjies, rustig, baie mooi, alles wat nodig is, was beskikbaar. Baie mooi en netjiese plek, baie lekker gebly.
Mei 2026
Susanna V
Saam met vriende
5.0
Veilige en netjiese verblyf. Uitstekende gasvryheid. Uitstekende gasvrou en gasheer. Ontvang jou met baie liefde en omgee.
Apr 2026
Monika B
Saam met lewensmaat
5.0
Very good. The hosts are lovely people. We enjoyed our stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Hans Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 79

Op LekkeSlaap 9 jaar

Antwoord gewoonlik binne 3 ure

Ligging

  • 121 Matt Street, Unit 32, Mooikloof Gardens, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink Grace Haven Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R700
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R700
per nag (plek vir 2)
Bespreek

121 Matt Street, Unit 32, Mooikloof Gardens, Pretoria, 0181, Gauteng

Sien kaart
  • Slaapplek vir 5 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDViZTdmNGE3LTcwOGUtNGI2Mi1hNTIwLTYzMmQ3MWY0ZjViNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 79 5 1 5 121 Matt Street, Unit 32 Mooikloof Gardens 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.828766918982 28.323793128166
Soek in 'n groter streek