Grace's Getaway
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nemesia-singel 4, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R982 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Grace's Getaway is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel op die grondvloer van die gebou waarin die eienaars bly. Dié eenheid staan op 'n krans met lieflike uitsigte oor Yzerfontein se hawe, die baai, en die 16 Myl Strand.
Die eenheid is ideaal vir 'n paartjie of individu wat op soek is na gerieflike verblyf in 'n stil omgewing, naby aktiwiteite en besienswaardighede, en met 'n uitsig oor die see in die verte. Die woonstel het 'n oopplan-uitleg en die slaaparea het 2 enkelbeddens wat omskep kan word in 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, tweeplaat-gasstofie, eetgerei en breekware. Daar is 'n platskerm-TV met volledige DStv. Die leefarea se skuifdeure lei na die stoep met braaigeriewe en 'n uitsig oor die omgewing.
Piekniekmandjies kan teen ekstra koste gereël word. Let asb. daarop dat daar trappe is wat na die eenheid lei en dis die beste om vooraf navraag te doen hieroor. 'n Hele paar aktiwiteite is net 'n klein entjie se ry van die woonstel af beskikbaar, dit sluit waterski, bootritte, visvang, en walvis- en dolfynkyk gedurende die seisoen in.
Slaapplek
’n Bespreking by Grace's Getaway sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Mariaan Geverifieer
Eiendomme 41
Resensies 322
Jaar gelys 11
Ligging
- Nemesia-singel 4, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink Grace's Getaway het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Yzerfontein Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nemesia-singel 4, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom