Graskop Harries Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Graskop Harries Cottage is 'n lieflike en huislike selfsorgkothuis in die dorpie Graskop langs die Panorama-roete.

Die kothuis bied slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis- en eetarea, 'n sitkamer en 'n patio. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 2 driekwartbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Een van die kamers het 'n en suite-stort. Die ander twee slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorgverblyf en sluit 'n yskas-vrieskas, 'n stoof en oond, en 'n mikrogolfoond in. 'n Eetkamertafel met sitplek vir 6 gaste is ook beskikbaar. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met DStv-kanale.

Op die patio is daar buitemeubels en Weber-braaigeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Dié kothuis deel 'n eiendom en is oorkant die hoofhuis. Die hoofhuis word net per geleentheid deur die eienaars gebruik. Die kothuis is in 'n malariavrye gebied.

'n Minimumverblyftydperk van 2 nagte geld oor naweke.

Slaapplek

'n Bespreking by Graskop Harries Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Graskop Harries Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 090 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za