Greenwoods Selfsorg

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 2 Februarie 2020

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

Greenwoods Selfsorg bied gehalte-verblyf in Garsfontein, 'n buurt in Pretoria. Dié stad is bekend as die Jakarandastad, weens die malvapers bloeisels wat die strate vul. Dit bied ’n aantal natuurlike en kulturele bestemmings, asook noemenswaardige ou geboue en museums.

Verblyf is beskikbaar in 5 grasdak-chalets, elk toegerus vir basiese selfsorg. Daar is 4 eenhede wat slaapplek aan 2 gaste bied. Die vyfde chalet het slaapplek vir 6 gaste. Elke eenheid het ’n TV met Netflix, gratis WiFi, en ’n toesluitmotorhuis. Addisioneel tot die chalets is daar 'n kothuis met 'n kombuisie wat slaapplek aan 3 gaste bied en 'n luukse gastekamer wat slaapplek aan 2 gaste bied.

Gaste kan afkoel in die gemeenskaplike swembad op die perseel en braaigeriewe is beskikbaar.

Pretoria spog met ’n verskeidenheid doendinge soos perdry by die Voortrekkermonument, wildkyk in die Premier Wildreservaat en valskermsweef by die Pretoria Valskermsweefklub. Die verblyf is ook naby hospitale, skole en hoofweë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Greenwoods Selfsorg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R895 R627 per nag (plek vir 2)

Kry 30% af vir verblyf voor 2 Februarie 2020

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za