LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Grootfontein Private Nature Reserve | LekkeSlaap
+84

Grootfontein Private Nature Reserve

11 resensies
Wildsplaas
Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 92 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Grootfontein Privaat Natuurreservaat, Makoppa-pad, Thabazimbi, 0380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 R510 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Grootfontein Privaat Natuurreservaat is 'n bosveld-plaas van 1200 hektaar, net 3 ure van Gauteng af in die pragtige Limpopo-provinsie, naby Thabazimbi ('n eko-toerisme dorpie). Dié bedrywige familieplaas verwelkom alle buitelug-liefhebbers.

Die reservaat bied rustieke akkommodasie in 4 lodges en 3 kampeerterreine wat almal uniek is. Aangesien dit 'n eko-lodge is, is daar geen elektrisiteit nie. Gaste kan warm storte geniet (die water word met paraffien verhit). Die yskaste werk met krag en die ligte word deur die son aangedryf.

As jy smag na rustigheid en ongereptheid, sal jy dit hier vind. Meer as 150 voëlspesies, 160 boomspesies, en 'n wonderlike verskeidenheid diere soos sebras, kameelperde, koedoes, rooibokke, waterbokke, bosbokke, blouwildebeeste, njalas, vlakvarke en luiperds kom in hierdie ongerepte bosveld-landskap voor. Aangesien die Groot 5 nie op die plaas voorkom nie, kan gaste gerus die omgewing te voet verken. Die plaas is ook net 'n uur se ry van Pilanesberg en Marekele Nasionale Parke af waar gaste wel die Groot 5 sal kan gewaar.

Buiten wildkyk bied ons ook geleenthede vir voetslaan, voëlkyk, 4x4-roetes, bergfietsry en tema-naweke vir bergfietsryers, fotograwe en kunsliefhebbers. Ons waarborg jou dat jy met goeie herinneringe hier sal vertrek en dat jou kuiertjie hier by ons onvergeetlik sal wees.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 11 resensies vir Grootfontein Private Nature Reserve
Netheid
3.5/5
Diens
3.9/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
3.9/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Grootfontein Privaat Natuurreservaat, Makoppa-pad, Thabazimbi, 0380, Limpopo
  • Gaste dink Grootfontein Private Nature Reserve het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
was R600
Vanaf R510
per nag (plek vir 2)
was R600
Vanaf R510
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 92 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Grootfontein Privaat Natuurreservaat, Makoppa-pad, Thabazimbi, 0380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAce51b4fdc6809d49eba608be72817276a748d9e2d1bdc031745288a641514675ea1f1226b365e765add203f6ccb46e6526fe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R600, nou Vanaf R510  per nag (plek vir 2) 11 5 1 4 Grootfontein Private Nature Reserve Makoppa Road 0380 Limpopo 086 999 0018 14:00-18:00 11:00 -24.668877835356 27.280023694038
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!