Fleckvieh Guestfarm @ Grootvadersbosch Landgoed

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fleckvieh Guestfarm @ Grootvadersbosch Landgoed bied selfsorg-eenhede en op 'n privaat plaas aan die voorheuwels van die Langeberge. Dié plaas is naby die Tradouwpas buite Swellendam in die Wes-Kaap. Fleckvieh is perfek vir gaste op soek na gerieflike plaasverblyf ver van die stad se gedruis. Gaste gebruik dikwels ons gasteplaas as basis om plekke soos Witsand en die wynroetes te verken, maar selfs ook as basis vir besoeke aan Kaapstad, George en Oudtshoorn.

Verblyf word in 1 grasdak-chalet, 2 houthuisies (Takbok en Bosbok), 1 groot houhuisie (Eland), 2 woonstelkamers (Koeitjie en Kalfie) en 3 kamers met privaat ingange in die hoofplaashuis gebied.

Die grasdak-chalet is 'n losstaande eenheid met slaapplek vir 6 en beskik oor 2 slaapkamers en 'n solder met 'n dubbelbed en 4 enkelbeddens. Die eenheid het 'n oopplan-kombuis en leefarea en daar is braaigeriewe buite.

Takbok, Bosbok en Eland is aan die oewer van die dam. Takbok en Bosbok is kamertipe-eenhede met slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 'n dubbelbed en stapelbed, asook 'n sy eie kombuis. Daar is 'n paadjie wat vanaf elke kamer na die buite-badkamers lei. Elke eenheid het sy eie braai-area en kampeerplek. Eland is 'n tweeslaapkamer-eenheid met slaapplek vir 6 en het 'n oopplan-kombuis en sitkamer met braaigeriewe.

Koeitjie en Kalfie was voorheen die gebou waarin kalfies aangehou is. Dit is omskep in 2 eenhede met lieflike uitsigte oor die vallei. Koeitjie het 'n dubbelbed en 'n stapelbed en Kalfie het 2 enkelbeddens en 'n slaapbank. Dié eenhede is naby die melkery.

Koeitjie en Kalfie kan saam bespreek word vir groepe.

Die 3 kamers in die hoofhuis het asemrowende uitsigte oor die plaas en vallei. Die kamers is privaat en het hul eie ingange.

Fleckvieh Guestfarm het 'n gemeenskaplike swembad waarin gaste afkoel op warm somersdae, met braaigeriewe en lieflike uitsigte. Gaste kan selfs in die plaasdam swem. Doendinge is op die perseel teen ekstra koste beskikbaar, soos wandelpaaie, bergfietsry, begeleide perdritte, visvang, voëlkyk en meer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fleckvieh Guestfarm @ Grootvadersbosch Landgoed gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za