LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Grootvlei Guest Farm | LekkeSlaap
+58

Grootvlei Guest Farm

B&B
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R365, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Grootvlei Gasteplaas is op die R365, 6 km buite Lambertsbaai en bied gehalteverblyf aan vakansiegangers. Hierdie 4-ster-gastehuis is 200 vanaf die Atlantiese oseaan en 900 m vanaf die bekende Muisboskerm.

Verblyf word in 7 slaapkamers gebied waarin daar in elk 2 gaste kan slaap. Van die 7 slaapkamers het 2 ’n koningingrootte-bed en 5 het ’n koninggrootte-bed. Elke slaapkamer het ’n privaat en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak.

Kamers 1, 4, 5 en 7 bied 'n uitsig oor die see asook oor die tuin. Kamers 2 en 3 bied 'n uitsig oor die tuin. Kamer 6 bied weer ’n uitsig oor die binnehof. Elke slaapkamer het 'n koffiestasie waar 2 botteljies water, koffie, tee, suiker en melk voorsien word. Ontbyt en komplimentêre WiFi is ingesluit.

Die Oppiduin-verblyf beskik oor 4 rustieke slaapkamers wat elk slaapplek aan 2 gaste bied. Die slaapkamers het elk ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Kamer 1 se ingang bied ’n see-uitsig. Kamer 2 beskik oor ’n kroegyskassie en ’n ekstra dagbed waarop kinders onder 12 jaar kan slaap. Hierdie kamer het ’n balkon wat ’n uitsig oor die see bied. Kamer 3 bied ’n gedeeltelike uitsig oor die see. Kamer 4 bied ’n uitsig oor die see en het ’n vuurherd en ’n kroegyskassie. Al 4 die kamers is ongeveer 50 m vanaf die see.

Hierdie kamers maak gebruik van 'n gemeenskaplike leefarea en oopplan-kombuisarea.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 16 resensies vir Grootvlei Guest Farm
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • R365, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Grootvlei Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R365, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd55f4b2a5607c4ef41f21d190998ab2e556f852f1136865bf545c998117e723dc03f6846851a6c8bde8d4b9edc1713a1aefc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400  per nag (plek vir 2) 16 5 1 5 R365 Lambert's Bay 8130 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 11:00 -32.147888206482 18.310478343586
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!