Grotto Cottage 12
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10de Straat 200, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R8 425 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Grotto Cottage 12 is 'n bekoorlike selfsorg-vakansiehuis wat net 300 m vanaf die beroemde Grotto-strand met Blouvlagstatus is. Dit is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.
Die ruim huis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 6 smaakvolle slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n see-uitsig en lei na 'n sonnige stoep. Dié slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie twee slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en skakel aan slaapkamer 4 met 'n enkelbed en 'n stapelbed. Gaste in hierdie twee slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die vyfde en sesde slaapkamer is in die aangrensende anneks en elkeen van hierdie slaapkamers het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie twee slaapkamers deel 'n derde badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die aangrensende leefarea het gemaklike rusbanke, 'n kaggel en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n tweede sitarea.
Gaste het toegang tot 'n lieflike swembad en Weber-braaigeriewe. Kinders kan ook lekker op die groot grasperk speel.
Slaapplek
’n Bespreking by Grotto Cottage 12 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Hermanus Holiday Homes Geverifieer
Eiendomme 17
Resensies 5
Jare op LekkeSlaap 6
Ligging
- 10de Straat 200, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10de Straat 200, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom