Grysbok Self-catering Country House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Grysbok is op 'n plaas 17 km buite Oudtshoorn op die R62 wat na Calitzdorp lei, geleë. Dit is slegs 10 minute se ry van Oudtshoorn af.

Die plaashuis het 3 slaapkamers en 2 badkamers en het slaapplek vir 8 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede het 'n dubbelbed en die derde het 4 enkelbeddens.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, ketel, skottelgoedwasmasjien, asook 'n wasmasjien en tuimeldroër vir gaste se gerief. Gaste kan in die eetarea aansit of in die sitarea ontspan. Die braaiplek buite is sommer klaar gepak en gereed wanneer gaste opdaag.

Daar is verskeie wildsoorte op die plaas met wild wat vrylik in en om die tuin rondloop. Ongelukkig laat ons nie troeteldiere toe nie. Daar is 'n dam met swart baars en karp en gaste kan gerus hier visvang, solank die visse weer losgelaat word. Verder is daar ook wynplase, wildplase en 4x4-roetes in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Grysbok Self-catering Country House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Grysbok Self-catering Country House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 550 per nag (vir 11 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za