+29

Guinea-fowl Guest House

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 44 Stockenstroom Street, Colesberg, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Vanaf R660 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Guinea-fowl Guest House word omring deur granietrotse en 'n groot sprokiestuin aan die verste ent van 'n baie stil doodloopstraat, ver van die rep en roer van die hoofstraat af.

Die 4 ruim slaapkamers het elkeen 'n privaat ingang en en-suite badkamer. 2 Kamers het elkeen slaapplek vir 4 gaste 2 kamers het elkeen slaapplek vir 3 gaste. Geriewe sluit die koffie- en teemaakgeriewe, yskassies, elektriese komberse, dakwaaiers en veilige parkeerplek op die perseel reg voor elke kamer in. Gaste kan TV kyk in die gastehuis se TV-kamer. Engelse en Kontinentale ontbyte word elke dag op versoek in die eetkamer bedien. Alhoewel die gastehuis nie selfsorggeriewe het nie, is daar 'n klein aparte kombuisie met 'n mikrogolfoond en toebehore waar gaste ligte etes kan voorberei. Daar is oorgenoeg gesellige plekkies in die tuin tussen die rotse waar gaste kan ontspan na 'n lang dag op die pad. Daar is braaigeriewe in die tuin, sowel as 'n onderdakbraai-area aan die oewer van die spruit.

Die gastehuis is op die oewer van Colesbergspruit geleë. Om hierdie rede en omdat die tuin so 'n lushof is, is dit 'n voëlkykparadys. Daar is 4 uitstekende restaurante net 'n kort entjie se stap van Guinea-fowl af en gaste kan gerus daar gaan aansit vir 'n heerlike middag- of aandete.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 325 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Berlinda N
5.0
Rustig, salig na 'n lang reis. Vriendelike gasheer. Skoon netjiese kamer in 'n baie stil en veilige omgewing.
Nov 2025
Bertus V
Besigheidsreis
5.0
Vriendelike en behulpsame gasheer. Onopgesmukte plattelandse gasvryheid. Uitstekende waarde vir geld.
Okt 2025
Anthonie Jacop V
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik. Ons het verskriklik lekker gebly. Die gasheer is baie vriendelik en ongelooflik gasvry en behulpsaam.
Okt 2025
Nicoleen S
Saam met lewensmaat
5.0
Omgewing was rustig en veilig, gasheer was baie vriendelik en bedagsaam. Heerlike atmosfeer met vriendelike gasheer.
Okt 2025
Etresia B
Saam met lewensmaat
5.0
Dis van nou af die plek waar ons gaan bly as ons in Colesberg oorslaap. Veilig, rustig, baie netjies en skoon, en baie gerieflik. Fantastiese kliënted...
Sien meer
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 325

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 44 Stockenstroom Street, Colesberg, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Gaste dink Guinea-fowl Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 660
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 660
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 660
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 44 Stockenstroom Street, Colesberg, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk2ZDdiMDAyLTRjNWEtNGRhOC1hNWFiLTA0YmFhNzY1OGFjNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R660 per nag, vir 2 mense 325 5 1 5 44 Stockenstroom Street Colesberg 9795 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 09:00 -30.723342820424 25.093888078365
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang