Gypsea Daze
Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 5 Mei 2024 tot 16 Mei 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Oyster-rylaan 17, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
- Geen kinders onder 5
-
Vanaf
R3 600R3 060 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Gypsea Daze is 'n gerieflike, moderne selfsorghuis met 'n uitsig oor die see en riviermond in die stil dorp, Pennington. Pennington se hoofstrand en tweede strand is 'n kort entjie se stap of ry ver en daar is 'n getypoel by die hoofstrand vir kinders.
Gypsea Daze bied verblyf aan 8 volwassenes en 1 kind. Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Hier is ook 'n aparte kothuis met 'n kombuisie en leefarea.
Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en dubbelwasbakke. Die kamer het ook 'n see-uitsig en skuifdeure wat na die voortuin lei. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n enkelbed vir 'n kind en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en dubbelwasbakke. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Elke kamer het 'n plafonwaaier. Daar is 'n ekstra gesinsbadkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is met 'n dubbeldeur-yskas-vrieskas, 'n kookplaat, oond, mikrogolfoond en 'n aparte opwasarea met 'n skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus. In die eetarea is 'n etenstafel vir 8 en 'n vensterbank. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Daar is stapeldeure wat na 'n dek met 'n swembad en onderdaksitarea lei.
'n Omsetter is beskikbaar tydens beurtkrag en dit hou sowat 4 ure afhangend van gaste se gebruik daarvan. Daar is ook 'n watertenk in die geval van 'n watertekort.
Die aparte kothuis het 'n privaat ingang en 'n slaapkamer met 'n dubbelbed. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuisie in die kothuis is met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond en broodrooster toegerus en die sitarea het 'n TV en WiFi. Daar is nie 'n omsetter nie.
Daar is Clearvu-heinings rondom die perseel, asook elektriese heinings en 'n alarmstelsel. Een parkeerplek is in 'n motorhuis beskikbaar en daar is ekstra parkeerplek in die oprit vir 3 voertuie.
Die huis is naby 'n winkeltjie en 'n drankwinkel.
Slaapplek
’n Bespreking by Gypsea Daze sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Op Die Straat
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Janine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Jaar gelys 2
Ligging
- Oyster-rylaan 17, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Gypsea Daze het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pennington Kelso KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Oyster-rylaan 17, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
- Geen kinders onder 5