Halcyon Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Halcyon Game Lodge is in die hartjie van Limpopo, net 40 km van Alldays af op die R521-pad na Pondrift geleë. Dit is 2 ure se ry van Polokwane af en net 20 minute se ry van Mapungubwe Nasionale Park af wat 'n Wêrelderfenisterrein is. Die lodge is op 'n rotsagtige sandsteen-rif in 'n pragtige mopanie-bosveld geleë en is ideaal vir 'n naweekwegbreek of 'n oornagstop.

Halcyon Game Lodge bied selfsorg-akkommodasie in 'n tentekamp. Die kamp het slaapplek vir 10 gaste. Op versoek kan ons 2 addisionele gaste akkommodeer. Die tente beskik oor 2 enkelbeddens en het hul eie privaat badkamers wat ongeveer 20 meter van die tent af is. Linne en handdoeke word voorsien en elke tent word daagliks skoongemaak.

Die lodge het 2 aparte selfsorg-areas met 'n boma en kombuis. Albei het 'n volledig toegeruste kombuis met 'n yskas-vrieskas, braaigeriewe, 'n eetarea, 'n kaggel en 'n plonspoel wat op versoek gevul kan word. Die kombuise het osmose-waterstelsels wat drinkwater voorsien. By ons kan jy warm middae met 'n koue drankie in die hand langs die swembad deurbring. WiFi en DStv word ook voorsien.

Die lodge het ook 'n pragtige plekkie om 'n skemerkelkie te geniet teen sonsondergang wat bekendstaan as 'The Office'. Dit is 'n sandsteentafel en -stoele op die rotse wat die perfekte ligging het om wild te kyk en die mooiste sonsondergange te bewonder.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Halcyon Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]