LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Half Moon Hollow Eco Cottage | LekkeSlaap
+12

Half Moon Hollow Eco Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die R328 aan die voet van die Robinsonpas, Ruiterbos, Mosselbaai-distrik, 6507, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Half Moon Hollow Eco Cottage is ’n lieflike selfsorgkothuis vir 2 gaste in ’n klein vallei aan die voet van die Outeniekwa-berge langs ’n stroom. Dit is 30 km vanaf Mosselbaai.

Hierdie unieke eko-vriendelike kothuis is deur die eienaars self gebou. Dit maak van sonkrag gebruik en water word deur die bergstroom voorsien. Al die houtwerk is gemaak van bome van die plantasie, waarvan sommige bome ouer as 18 jaar oud is en deur die eienaars geplant is.

Die kothuis beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, ’n kombuis en ’n sitarea. Die slaapkamer het ’n dubbelbed en die privaat badkamer het ’n stort en ’n kompostoilet. Omdat die kothuis so naby die stroom is, is daar nie ’n spoeltoilet nie. In plaas daarvan om te spoel, moet ’n koppie dennesaagsels ingegooi word nadat die toilet gebruik is. Dit hou die toilet vars en maak dat die komposproses vinniger plaasvind. Daar is 2 slaapbanke vir kinders op versoek beskikbaar. Linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die ongekunstelde kombuis is met ’n yskas, gasstoof, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die etenstafel geniet word. Die sitarea het ’n kaggel en lei na ’n dek met braaigeriewe. Die kothuis het nie ’n TV of WiFi nie, en daar is beperkte selfoonontvangs.

Die dek het ’n sitarea en braaigeriewe en vuurmaakhout word vir die braai en die kaggel voorsien. In die somer kan gaste in die privaat plonspoel afkoel. Dit word aanbeveel dat gaste voor die tyd die nodige koop, aangesien daar nie plaaslike winkels is nie.

Gaste kan na die plaasdam stap, waar hulle dalk die plaaslike bobbejaantrop kan sien. Gaste kan ook die plaaslike stappaadjies verken, waar daar bosbokke, ystervarke, otters en selfs rooikatte gesien kan word. Daar is verskeie voëlspesies op die plaas, waar daar ook meer as 120 inheemse boomspesies en verskeie tipes fynbos is. Die plaas het ook ’n privaat vetplant-kwekery en ’n versameling bonsai-bome.

Slaapplek

’n Bespreking by Half Moon Hollow Eco Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Kinderbank vir 1
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xKinderbank vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Op die R328 aan die voet van die Robinsonpas, Ruiterbos, Mosselbaai-distrik, 6507, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die R328 aan die voet van die Robinsonpas, Ruiterbos, Mosselbaai-distrik, 6507, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa1ba708d8031c4b0d0df1164bb4b3e751da20525ebe49b9f146b484f59495ffdd6c3f3ba45cc612d84648a8e4a7b079fbd8e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250  per nag (plek vir 2) On R328 Foot of Robinson Pass Ruiterbos 6507 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.940706803703 22.022789351796
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!