Hamba Kancane Ma-Africa Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hamba Kancane Ma-Africa Guest House is in Graskop in Mpumalanga geleë. Dis 'n klein, rustieke dorpie wat 1493 m bo seespieël hoog op 'n uitloper van die Mauchsberg sit en dis net 3½ ure se ry van Johannesburg af. Dié gastehuis maak voorsiening vir toeriste wat die Panorama-roete wil besoek asook sakelui wat op soek is na 'n plekkie waar hulle kan ontspan na 'n besig dag.

Hamba Kancane Ma-Africa bied die keuse tussen B&B-akkommodasie in Graskop, of 'n gesin-suite met 'n selfsorgkombuisie vir diegene wat die vryheid wil hê om te kom en gaan soos hulle wil.

Geriewe: dubbelbeddens, enkelbeddens, net storte, berg-uitsigte, selfsorg, tuin-uitsigte, TV's, yskassies (rook is verbode in die kamers).

Geriewe op die perseel: wasgoed, braai en binnenshuisse kaggel.

Gesinne is meer as welkom en ons lekker braaiplek sorg dat gaste lekker kan ontspan en kuier - dis nou as hulle nie te besig is om al die ongelooflike besienswaardighede in die omgewing te verken nie.

Hierdie B&B in Graskop is 'n uitstekende basis vanwaar jy die verkenning van die Panorama-roete kan aanpak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hamba Kancane Ma-Africa Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R560 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za