Hanati Chalets
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 29 Des 2025 tot 1 Jan 2026.
- Kapasiteit: 18 persone
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Witskraal Road, Portion 28, Klipdrift 90JR, Hammanskraal, 0400, Gauteng
-
Vanaf
R1 400R1 120 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Hanati Chalets is 30 minute se ry vanaf Montana (Pretoria) op die N1 Noord, binne die Dinokeng Wildreservaat, waar die Groot Vyf, die meeste antiloopspesies en 'n verskeidenheid voëllewe vrylik rondloop. Dit is die perfekte wegbreekplek vir natuurliefhebbers en voëlkykers.
Die selfsorg-chalets is tussen die bome geleë, elkeen privaat en apart van die ander. Alle chalets het lugversorging en alle slaapkamers het en suite-badkamers. Die eenhede is volledig toegerus sodat gaste slegs klere, toiletware en kos hoef saam te bring.
Verblyf word in 6 eenhede aangebied – 3 chalets kan elk 4 gaste akkommodeer, en 3 eenhede kan elk 2 gaste akkommodeer. Badkamers bestaan uit 'n stort, toilet en wasbak. Die chalets beskik oor 'n stoep met braaigeriewe, 'n goed toegeruste kombuis, 'n leefarea en onderdakparkeerplek by die eenheid. Vir gaste se privaatheid word eenhede nie tydens hul verblyf skoongemaak nie, en elke chalet het sy eie skottelgoedwasser.
Die lodge bied 'n groot gemeenskaplike swembad en 'n speletjies lapa, wat veral saans gewild is. Gaste kan ook om die kampvuur ontspan, en een van die lapas het volledige DStv vir almal se gebruik.
'n Bewaringsfooi is betaalbaar aan die reservaat en kan vooraf aanlyn betaal word op die Dinokeng Reservaat se webwerf. 'n Selfrypermit is ook daar beskikbaar en word benodig as mens wil rondry en wildkyk en nie 'n begeleide wildrit wil bespreek nie. By die groot ingangshekke is 'n boek te koop, met 'n roetekaart en inligting van al die restaurante, piekniekplekke, winkels en besienswaardighede.
Die 4x4-roete word deur die park bestuur en kan slegs geniet word as deel van 'n begeleide wildrit in 'n wildkykvoertuig.
Vir ekstra sekuriteit is die eiendom omhein met 'n elektriese heining en het 'n afstandbeheerde toegangshek.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Hanlie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- De Witskraal Road, Portion 28, Klipdrift 90JR, Hammanskraal, 0400, Gauteng
- Gaste dink Hanati Chalets het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 18 persone
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Witskraal Road, Portion 28, Klipdrift 90JR, Hammanskraal, 0400, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang