Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Harbour View at Majestic Village

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 124, Kalkbaai, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 850 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Harbour View at Majestic Village is 'n selfsorgwoonstel in Kalkbaai se hoofstraat. Die woonstel spog met 'n lieflike uitsig oor die see en die hawe en is in Majestic Village in die hartjie van Kalkbaai, naby die hawe, geleë.

Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, solderkamer, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die solderkamer word met 2 stelle trappe bereik en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer.

Die kombuis is met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV en bied toegang tot 'n lieflike balkon met 'n etenstafel en 'n rusbank. Die balkon is met digte glas toegebou om die geraas vanaf die hoofstraat te verminder.

Die woonstel is in die opgeknapte, ou Majestic Village geleë wat destyds die Majestic Hotel was. Die hotel se oorspronklike afwerkings van 1920 het behoue gebly en is met moderne luukshede gekombineer om 'n lekker leefruimte te skep.

Gaste het eksklusiewe toegang tot 'n privaat gimnasium, swembad en aangewese parkeerplek vir 1 voertuig per woonstel. Die Majestic Village het 24 uur-sekuriteit en bied professionele behandelings by The Majestic Spa.

Majestic Village is met 'n kragopwekker toeegrus, so gaste sal nie deur beurtkrag geraak word nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Harbour View at Majestic Village sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Nagportier
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Switsers

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Kaggel
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 3 resensies vir Harbour View at Majestic Village
Netheid
4.7/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Hoofweg 124, Kalkbaai, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Harbour View at Majestic Village het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 850
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R2 850
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 124, Kalkbaai, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAvo2uv0Eh2lvk4x1GGmtjWwfUAV4HHxZp4iduNgvHSgzh3YKDlC?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 850 per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 124 Main Road Kalk Bay 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.127018494204 18.448462216533