Hartenbos Estate 80

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hartenbos Estate 80 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n huis met 5 slaapkamers. Ons is in 'n 24 uur-sekuriteitskompleks in Hartenbos en is ideaal vir 'n groep vriende of familielede. Ons laat ongelukkig nie matrieks of studentegroepe toe nie.

Die huis het slaapplek vir 10 gaste en het 5 slaapkamers, 3 badkamers, 'n speelkamer vir kinders en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die leefarea bied toegang tot 'n braai-area met ingeboude braaigeriewe en 'n grasperk langsaan. Die grasperk lei na fynbos en duine, so gaste hoef hul nie te bekommer oor hul privaatheid nie.

Die eerste slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die derde en vierde slaapkamers is op die boonste verdieping, het lieflike uitsigte oor die duine en deel 'n badkamer met 'n bad, wasbak en toilet.

Op die onderste verdieping is daar 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, elektriese stoof, oond en skottelgoedwasser. Die waskamer langsaan het 'n wasmasjien, tuimeldroër, droograk en strykgeriewe. Die waskamer bied toegang tot die agterkant van die huis waar daar 'n tweede onthaalarea en 'n buitestort is. Die vyfde kamer het 2 enkelbeddens en 'n speelarea vir kinders en is toegerus met 'n TV en 'n DVD-speler. Die leefkamer het 'n TV met Premium DStv. Die eenheid word een keer per week skoongemaak waartydens vars linne en handdoeke voorsien word.

Die landgoed word deur digbegroeide duine omring en word beveilig deur 24 uur-toegangsbeheer. Binne die kompleks is daar 'n gimnasium, gemeenskaplike swembad, 2 trampoliens en klimrame vir kinders. Om by die strand uit te kom, hoef gaste slegs 10 minute langs die spoorlyn en met die duin af te stap. Ons is slegs 3,2 km vanaf Hartenbos se middedorp en hoofstrand en 6 km vanaf die Langeberg Mall.

Slaapplek

'n Bespreking by Hartenbos Estate 80 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hartenbos Estate 80 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 740 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za