Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hartfell Farm

  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hartfell Plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hartfell Farm bied selfsorgkothuise in 'n pragtige, beboste vallei naby Dullstroom in Mpumalanga, net 3 ure se ry van Gauteng en Limpopo af. Hartfell Farm is 10 km van die dorp af en word bereik via 'n grondpad (net voertuie met onderstelle wat hoog genoeg van die grond af is, is geskik vir hierdie pad). Klop by ons aan vir rus en vrede en bring jou gesin of vriende saam!

Ons het afgesonderde kothuise in die eike- en swarthoutbosse (1 van die kothuise is troeteldiervriendelik). Die kothuise heet Hamill's Lodge, Hartfell Cottage en Searles Cottage.

Hamill's Lodge is ruim, goed toegerus en het 4 slaapkamers en 'n TV met sekere DStv-kanale. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n privaat ingang en al die slaapkamers is aan die leefarea verbind deur middel van houtdekke.

Hartfell Cottage is 'n ruim plaashuis wat uitloop op 'n groot grasperk. Die kothuis het 'n lieflike uitsig en bied toegang tot een van die damme, die groter damme is stapafstand van hierdie kothuis af. Hartfell Cottage het 3 slaapkamers wat toegerus is met dubbelbeddens of enkelbeddens, stapelbeddens en 'n slaapbank. Daar is 2 badkamers wat gedeel word en die oopplan-kombuis is volledig toegerus vir besoekers wat wil kook en 'n eetkamer- en sitkamer-area met 'n reuse kaggel vir daardie koue, mistige dae.

Searles Cottage het asemrowende uitsigte oor die vallei en die dam en is stapafstand van die ander damme op die plaas af. Die kothuis is toegerus met geteëlde vloere, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt (bring gerus jou eie dekodeerder en slimkaart). Daar is 3 slaapkamers, een met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer en die ander twee met 2 enkelbeddens elk. Verder is daar nog 2 badkamers en 'n oopplan-sitkamer wat lei na die eetkamer met sy pragtige klipkaggel.

Die ontsagwekkende berge, riviere en grasveld van Mpumalanga se Hoogland is ideaal vir besoekers wat belangstel in buitelugdoendinge: visvang, voëlkyk, stap, perdry, bergfietsry en rotsklim, om maar net 'n paar te noem. Die eienaar van die plaas, ene Piet, is ook meer as bereid om sy kennis oor die plaaslike fauna en flora en avontuur-aktiwiteite met jou te deel. Moenie vergeet om die staproete na ons pragtige waterval en uitkykpunte te onderneem nie. Die omliggende bos bars uit sy nate van die voëls en plante. Ons plaas is ideaal vir diegene wat op soek is na privaatheid, rustige wandelinge en ons damme krioel van die visse.

Die eienaars woon ook op die perseel.

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 38 resensies vir Hartfell Farm
Netheid
3.7/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
3.9/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Hartfell Plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Hartfell Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hartfell Plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAMzB1DfuPCLKbRITKUmoIdt0YXQpfd1ucNzmkiEY5BmbpZk6s2J?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 38 5 1 4 Hartfell Farm Dullstroom 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.397710465929 30.19242048249