LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Heidedal | LekkeSlaap
+44

Heidedal

Spesiale Aanbod 25% af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Sep 2020 tot 31 Okt 2020.

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heidedal-plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Heidedal is op 'n plaas 27 km buite Porterville geleë. Dié plaas skuil tussen sandsteenberge en is naby die Groot-Winterhoek Wildarea.

Daar is 2 selfsorg-eenhede. Die Grasdak Plaashuis is 'n ou huis en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers en kan in totaal 10 gaste akkommodeer. Die huis het 'n groot stoep met 'n uitsig op die omliggende berge. Daar is ook 'n spruit aan die einde van die tuin waarin jy kan swem. Die leefarea sluit 'n kombuis in wat toegerus is met 'n steenkoolstoof en skottelgoedwasser, asook 'n oopplan-eetarea. Die sitkamer het 'n kaggel en die groot stoep sluit 'n sit-, eet- en braai-area in.

Die Stalle is langs die Grasdak Plaashuis, bied basiese selfsorg en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die Stalle kan in totaal 5 gaste akkommodeer. Let asb. daarop dat die eenheid nie 'n TV het nie.

Die plaas is geskik vir voetslaan in die Dasklippas met 'n asemrowende uitsig oor die vallei in die rigting van Piketberg.

In die omgewing is klipspringers, Kaapse grysbokke en grys reebokke. Roofdiere soos bobbejane, rooikatte, muskellaatkatte, wildekatte en selfs luiperds kom ook in die omgewing voor. Die plantegroei sluit fynbos, proteas en erikas in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 17 resensies vir Heidedal
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Heidedal-plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Gaste dink Heidedal het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Wes-Kaap
Vanaf R850
per nag (plek vir 5)
Vanaf R850
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heidedal-plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzs9OKIzTQoscTOIH2EqCEU1CSUF3f0q67Gz3dZUyArmIQGjyyk?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 5) 17 5 1 5 Heidedal Farm Porterville 6810 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -32.940592374564 19.071935927863
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!