Hemelsbreed Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hemelsbreed Farm is aan die voet van die Sonderendberge net buite Greyton geleë. Hier kan gaste die natuur, voetslaanroetes en plaaslewe ten volle geniet. Gaste kan na gelang van hul behoeftes tussen 3 aparte eenhede kies.

Wildevy Huis is meer as 100 jaar oud en is in 'n baie gerieflike drieslaapkamerhuis omskep met ekstra slaapplek vir kinders in die solderkamer.

Witpeer Kothuis is 'n gerieflike eenslaapkamerkothuis met stoepe weerskante van die huis, sodat jy saam met die son kan skuif in die winter.

Olienhout Kothuis is 'n gerestoureerde huisie met 2 slaapkamers, 'n kombuis en 'n leefkamer.

Al die eenhede het kaggels of houtstofies vir warm, gesellige aande as die weer koud raak.

Die plaas is 8 km buite die geskiedkundige dorpie Greyton geleë met oulike winkeltjies en genoeg eetplekke om van te kies. Die Greyton Natuurreservaat het 'n verskeidenheid staproetes, en as jy 'n bergfiets-entoesias is, sal jy moeilik tussen die pragtige roetes kies.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hemelsbreed Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]