LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Henry's House on Sea | LekkeSlaap
+50

Henry's House on Sea

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Canterbury-weg 872, Woodgrange, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R450 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Henry's House on Sea is in Wood Grange, Hibberdene en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Henry's House on Sea, spog met 2 eenhede wat saam slaapplek vir 10 gaste bied.

Eenheid 1 beskik oor 2 slaapkamers het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 1 stel stapelbeddens met 'n en die suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Elke kamer het 'n plafonwaaier. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die sitarea het gerieflike stoele en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet hulle eie dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saambring om van die geriewe gebruik te maak. Daar is ook 'n groot dek met n tuinstel uitstekende see-uitsig.

Eenheid 2 het slaapplek vir 4 gaste. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n stapelbed vir 2 in die sit-/eetkamer. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Ander geriewe sluit 'n kombuis met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe in. Die eenheid het 'n leefarea met 'n TV, eetkamerstel en leersitkamerstel, asook die stapelbed. Gaste moet hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring.

Daar is ’n swembad en sitplekke, asook sonbaai stoele by die swembad.

Braaigeriewe is beskikbaar, asook ’n ontspanningsarea waar gaste gemaklik kan sit en ontspan by tafels en stoele.

Veilige parkeerplek met ’n afstandbeheerder vir die hek, word op die perseel voorsien en daar is privaat ingange na die eenhede. Daar is ook moderne alarmstelsels in albei eenhede wat aan 'n gewapende reaksie-span gekoppel is.

Daar is veiligheidshekkies tussen die parkeerplek en die eenhede, sodat kinders nie by die voertuie kan speel nie.

Die Hibberdene-strand is 'n Blouvlagstrand en die verblyf is ook naby ander kleiner strande. Verder is daar winkelsentrums, 'n kroeg en eetplek, wegneemeetplek, waterwurm, 'n mini-gholfbaan en ander besienswaardighede naby die eenhede. Gaste kan in die area visvang, snorkel, op die see vaar, of die slangpark besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Henry's House on Sea
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Canterbury-weg 872, Woodgrange, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Henry's House on Sea het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R450
per nag (plek vir 4)
Vanaf R450
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Canterbury-weg 872, Woodgrange, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa11414a3dede540896af5ae55c05feee52e95797ef5894c93384b98e243211bffec1d0d2290670e85cb85dae58811a0245d0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R450  per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 872 Canterbury Road Woodgrange 4220 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -30.5881259 30.5609335
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!