Hermanus Cottage
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Langs die R34, Goliathskraal-plaas, 38 km vanaf Kroonstad, 9500, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 400 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Hermanus Cottage is in 'n veilige, omheinde wildkamp met 'n uitsig oor 'n dam op 'n plaas in die Vrystaat geleë.
Dié dubbelverdiepingkothuis het slaapplek vir 8 gaste en is vir selfsorg toegerus. Op die boonste verdieping is daar 'n privaat slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n oopplan-slaaparea met 2 enkelbeddens. Gaste in dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n toilet. Die 2 slaapkamers op die onderste verdieping het dubbelbeddens en dié gaste deel 'n badkamer met 'n bad, stort en 'n aparte toilet. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, potte, panne, eetgerei, breekware en 'n toonbank toegerus. Die sitarea het 'n TV met die volle DStv-pakket en 'n binnebraai waar gaste tydens die kouer dae lekker vuur kan maak. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die kothuis het ook 'n omsetter om te help tydens beurtkrag. Buite is daar braaigeriewe op die houtdek en 'n uitsig oor die dam. Langs die kothuis is daar ook 'n houtklimraam met 'n glyplank en swaaie om die kinders te vermaak. Hout word voorsien, en 'n skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar.
Heelwat wild, soos springbokke, sebras, lechwes, waterbokke en volstruise kom gereeld by die kothuis kuier. Gaste moet ook hulle oë vir die kolganse, wildemakoue, kopereende, geelbekooievaars en slanghalsvoëls wat hiér voorkom, oophou. Die plaas bied aktiwiteite soos roei, hengel, swem, stap en fietsry. Gaste moet net hul eie fietse saambring.
Slaapplek
’n Bespreking by Hermanus Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Cherie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 80
Jare op LekkeSlaap 7
Ligging
- Langs die R34, Goliathskraal-plaas, 38 km vanaf Kroonstad, 9500, Vrystaat
- Gaste dink Hermanus Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Noordelike Vrystaat Vrystaat
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Langs die R34, Goliathskraal-plaas, 38 km vanaf Kroonstad, 9500, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom