Hettie se Plekkie Self-catering Flat

Voeg by Gunstelinge

 

Weeksdagaanbod 25 % af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 28 Okt 2019 tot 6 Des 2019.

Beskrywing

Hettie se Plekkie is 'n selfsorgwoonstel wat gerieflik geleë is in die dorpie Sabie in Mpumalanga. Sabie is bekend vir pragtige landskappe en watervalle, en dis net 64 km wes van die immergewilde Krugerwildtuin.

Die woonstel het 'n privaat ingang en slaapplek vir 5 gaste. Die aparte hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, wekker, lugversorging, TV, oorgenoeg kasruimte en 'n elektriese kombers. Drie gaste kan in die leefarea slaap op 'n gemaklike stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo.

Die badkamer het 'n wasbak, stort en handstort vir jonger kinders. Daar is ook 'n wasmasjien in die badkamer wat gaste kan gebruik indien hulle langer vertoef. Linne en handdoeke word voorsien. Bring asb. jou eie swemhanddoeke saam as jy by die lodge wil swem of tjoepry in die rivier. Daar is ook 'n haardroër, strykplank en 'n strykyster. 'n Baba-bad, kampbed en kinderbedjie is gratis beskikbaar op versoek.

Die kombuis is volledig toegerus om jou verblyf so gerieflik as moontlik te maak met 'n drieplaatstoof, oond, mikrogolf, broodrooster, eetgerei, breekware, potte en panne. Die ruim leefarea het ook 'n staanwaaier en plafonwaaier, TV met DStv en 'n DVD-speler sowel as 'n versameling flieks. Tydskrifte en speletjies asook gratis WiFi word voorsien. 'n Lêer wat al die besienswaardighede lys is beskikbaar.

Buite is daar 'n privaat braai-area met 'n tafel en gemaklike stoele. Veilige onderdakparkeerplek word op die perseel voorsien agter 'n elektriese heining en 'n toesluithek. Daar is plek vir 2 voertuie en 'n sleepwaentjie.

Klein en goedgemanierde skoothondjies is regdeur die jaar welkom. Babahondjies word ongelukkig nie toegelaat nie.

Hierdie selfsorgeenheidskompleks is 'n ideale basis vir reisigers wat Kruger wil verken en die panoramiese roete insluitend Pelgrim's Rest, God's Window en die Blyderivier Canyon. Ander besienswaardighede sluit Pinnacle, Sudwana Caves, Graskop en die gewilde Chimp Eden, waar 'n mens kan sien hoe hulle die sjimpansees voed, in.

Slaapplek

'n Bespreking by Hettie se Plekkie Self-catering Flat sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hettie Se Plekkie Self-catering Flat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 175 R1 175 per nag (vir 5 mense)

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 28 Okt 2019 tot 6 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za