Hib-Escape Cosy Cabin

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 40 % af

Kry 40% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 30 Nov 2019 tot 13 Des 2019.

Beskrywing

Hib-Escape Cosy Cabin is 'n ruim selfsorg-houthuis met slaapplek vir 6. Dit bied see- en natuur-uitsigte en is geleë op 'n 1000 m² privaat perseel. Die knus huisie is 'n hoë volume, ontwerper-houthuis met oorgenoeg ruimte en geriewe. Die huisie is ook troeteldiervriendelik.

Hib-Escape Cosy Cabin het 2 stylvolle slaapkamers wat elk 'n koninggrootte-bed het en daar is 1 badkamer met 'n stort. Die kombuis, leefarea en kroeg is oopplan en die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Die leefarea het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt en 'n DVD-speler. Daar is 'n onderdak-dek en 'n sondek met 'n uitsig oor die see. Daar is gemaklike tafels en stoele om lekker te sit en oor die see te staar.

Aan die onderkant van die huisie is daar 'n privaat slaapkamer. Dié stylvolle kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n lieflike bad waarin alle stres wegweek sal word. Die badkamer het badskuim en klein handsepies om die vakansie op die regte noot te begin. Die kamer het ook 'n ketel, koffie, suiker en langlewe-melk en daar is 'n beker water met glase.

Die huis het 'n vrystaande elektriese heining met 'n net en 'n troeteldiervriendelike buite-alarmstelsel. Daar is ook 'n wassery in die dorp.

Slaapplek

'n Bespreking by Hib-Escape Cosy Cabin sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hib-Escape Cosy Cabin gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 540 R924 per nag (plek vir 6)

Kry 40% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 30 Nov 2019 tot 13 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za