Hibbers on the Beach Unit 4
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barracuda Boulevard 994, Mariner Mews, Eenheid 4, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Hibbers on the Beach Unit 4 bied gerieflike selfsorgverblyf op die eerste verdieping. Hierdie eenheid is 'n drieslaapkamerwoonstel reg teen Hibberdene se pragtige kuslyn. Die woonstelkompleks, Mariner Mews, is op die strand en is sowat 2 minute van Hibberdene Village Mall af.
Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n groot sitarea, solderkamer en 'n oopplan-kombuis. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 stapelbeddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer. Elke slaapkamer het lugversorging. Die sitarea en oopplan-kombuis is ideaal vir 'n lekker gesinskuier. Daar is selfsorggeriewe in die kombuis, asook 'n skottelgoedwasser vir gaste se gerief. Die huis het 'n ingeboude braai én 'n draagbare braai en bied 'n groot patio waar gaste kan terugsit en die pragtige see-uitsigte inneem, maar ook die jongspan dophou waar hulle op die grasperk of in die seesand baljaar.
Gaste moet asb. hul eie strand- en badhanddoeke saambring. Daar is oorgenoeg veilige parkeerplek. Hierdie eenheid word deur geslotekringtelevisie beveilig. Die woonstel word deur trappe bereik en volledige DStv kan teen 'n ekstra daaglikse fooi gehuur word. Die woonstel is ideaal vir gesinsvakansies. Kom bring ure by die getypoel deur wat nie ver van die eenheid af is nie, kuier op Hibberdene se hoofstrand wat sowat 1 km weg is, of besoek die Hibberdene Village wat 'n Engen QuickStop, 'n kruidenierswarewinkel, drankwinkel, apteek, 'n hardewarewinkel en wegneem-eetplekke het.
Die eenheid het 'n koopkragmeter. Omskakelaars is onlangs geïnstalleer om die eenheid te beskerm teen beurtkrag of ander elektrisiteitstoevoerprobleme. Hibberdene ervaar gereeld watertoevoerprobleme en om gerief te verseker is daar twee groot JoJo-tenke wat beskikbaar is.
Alle linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.
Slaapplek
’n Bespreking by Hibbers on the Beach Unit 4 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Tracy Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 9
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Barracuda Boulevard 994, Mariner Mews, Eenheid 4, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Hibbers on the Beach Unit 4 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hibberdene Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barracuda Boulevard 994, Mariner Mews, Eenheid 4, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom