LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Highlands Lodge | LekkeSlaap
+56

Highlands Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoogstraat 29, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 110 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Highlands Lodge lê in die stil area, Aurora en bied veilige, eksklusiewe verblyf aan gesoute sakereisigers en vakansiegangers. Dié lodge word besit en bestuur deur Andrew en Kaj Denys. Die eienaars en hul personeel bied persoonlike aandag en gasvryheid aan gaste.

Die eenhede het elkeen 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en bied slaapplek aan 1 of 2 gaste. Daar is 1 gesinseenheid met slaapplek vir 5 gaste, ideaal 2 volwassenes en 3 kinders of 4 volwassenes. Elke kamer het 'n aparte ingang in die tuin en 'n kombuisie met koffie- en teemaakgeriewe. 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi is beskikbaar. Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.

'n Smullekker ontbyt word in die eetkamer of op die patio bedien. Aandete kan op versoek voorsien word.

Lughawependeldienste kan gereël word en die plaaslike winkelsentrum is net 'n entjie se stap hiervandaan waar daar 'n Super Super Spar, 'n koffiewinkel en kitskoskafees is. Dis ook naby die Durbanville-wynroete, restaurante en besonderse fietsry-roetes. Highlands Lodge is 5 minute se ry vanaf die Tygervallei-winkelsentrum en 30 minute se ry vanaf die V&A Waterfront, Paarl, Stellenbosch, Franschhoek en Somerset-Wes.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 18 resensies vir Highlands Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Hoogstraat 29, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink Highlands Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 110
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 110
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoogstraat 29, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9dc101ec81544fa00ed487d0aafa3e1e13d25ad8e9d2e2b143f2dfa0bca70e80c2fd8ea712161152cfe6f632823d38fd15a3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 110  per nag, vir 2 mense 18 5 1 5 29 High (Hoog) Street Durbanville 7550 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -33.830577902877 18.633214831352
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem