Hill Billion Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hill Billion Hotel is naby Shelly Beach, hoog op 'n heuwel, net bo Oslo Beach aan KwaZulu-Natal se Suidkus geleë. Dié hotel bied verskeie verblyfopsies en is ideaal vir 'n gesinsvakansie en sakereisigers. Die hotel bied 'n uitsig oor die warm Indiese Oseaan aan die een kant, asook panoramiese uitsigte aan die anderkant met lieflike tuine en groot grasperke.

Verblyf word gebied in 10 hotel-suites met lugversorging en 11 selfsorg-eenhede. Elke suite het 2 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed en die ander 2 enkelbeddens het. Elke selfsorg-eenheid het ook 2 slaapkamers met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, asook 'n slaapbank in die sitarea met slaapplek vir nog 2 kinders.

In die hotel is daar 'n gelisensieerde restaurant en sportkroeg wat ligte etes daagliks vanaf 07:00 tot 14:00 bied. Na 12:00 bied die restaurant 'n a la carte-spyskaart. Spesiale dieetversoeke kan geakkommodeer word mits dit voor aankoms gereël word. Die kroeg open om 11:00, maar kan op spesiale versoek vroeër oopmaak. Wegneemetes kan ook op versoek gereël word.

Daar is geslotekringtelevisie, asook 'n sekuriteitswag wat elke nag van 18:00 tot 06:00 aan diens is.

Die hotel is 3 km van Shelly Beach, 2 km van Port Shepstone en 32 km van die lieflike Oribi Gorge af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Witborde
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hill Billion Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 758 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za