Hippo Hills

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie luukse grasdakhuis is op die prentjiemooi oewer van die Krokodilrivier geleë en kyk uit oor die Krugerwildtuin.

Hippo Hills het slaapplek vir 10 gaste in 5 privaat en suite-slaapkamers. Op die boonste vloer is daar 3 ruim kamers waarvan 1 'n dubbelbed het en die ander 2 elk oor 2 enkelbeddens beskik. Die kamers lei na 'n groot uitkykdek en kroegarea waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hul die verskeidenheid wild en voëls dophou.

Op die onderste vloer is daar nog 2 slaapkamers. Die een kamer het 'n dubbelbed en die ander beskik oor 2 enkelbeddens. Elkeen van die kamers is ingerig met lugversorging, 'n plafonwaaier en en suite-badkamer. Boonop spog elke slaapkamer met 'n uitstekende uitsig oor die Krokodilrivier wat 'n absoluut onvergeetlike Afrika-herinnering by jou sal skep.

Gaste is welkom om wildritte in die Krugerwildtuin mee te maak, te stap tussen die wilde diere, na die Afrika-sterrehemel te lê en tuur, onder die hemelruim te eet of voëls te kyk. Hippo Hills is binne die grense van die Krugerwildtuin geleë en gaste kan in die privaat swembad kuier en sommer die Groot 5 sien verbywandel. Hippo Hills is op 'n rivieroewer waar die voëllewe absoluut manjifiek is. Jy kan lekker op die dek sit en dalk selfs die kenmerkende roep van die Afrika visarend hoor!

Slaapplek

'n Bespreking by Hippo Hills sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hippo Hills gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R10 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za