LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Hole in One Guest House and Conference Centre | LekkeSlaap
+56

Hole in One Guest House and Conference Centre

Gastehuis
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hole-in-One-laan 171, Ruimsig, Gauteng, 1724, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Hole in One Guest House and Conference Centre is 'n luukse boetiekhotel wat in 'n koloniale-styl getooi is. Dié gastehuis het 'n restaurant, funkie- en konferensielokale en 'n kapel. Dit is ideaal geleë in Ruimsig, net 25 minute vanaf die Johannesburgse middestad, maar steeds in die platteland. Dit is ook naby Die Wieg van die Mensdom. Hole in One Boutique Hotel beskik oor 'n boetiekhotel en 'n herehuis in 'n rustige omgewing en dit bied al die gemak van 'n huis.

Gaste kan kies tussen ons Gesinskamer, Wittebroodkamer en verskeie Standaardkamers en 2-enkelbedkamers. Elke kamer is uniek versier en die badkamers het die mooiste afwerkings. Daar is lugversorging, DStv, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, elektriese kluis en gratis WiFi in die kamers.

Die kombuis berei heerlike ontbyt, middagetes en aandetes voor wat in ons stylvolle restaurant of buite by die swembad genuttig word. 'n Unieke spyskaart bied 'n verskeidenheid Suid-Afrikaanse en internasionale disse.

Die goed versorgde tuine met sierfonteine en 'n sprankelende swembad met gemaklike sitplek bied 'n plek waar gaste buite kan ontspan.

Hole in One wil altyd hulle gaste spesiaal laat voel, aandag gee aan detail en persoonlike diens lewer. Die konferensiegeriewe maak voorsiening vir elke behoefte en maak enige geleentheid aangenaam en onvergeetlik. Hole in One spog met 'n nuwe kapel waar pragtige herinneringe geskep word tydens spesiale seremonies soos troues en doopplegtighede. Die konferensiegeriewe is geskik vir klein vergaderings van 2 tot 3 mense of vir groot konferensies van tot 100 mense.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Swembad
  • Wasgoeddiens
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant

Opsomming van Resensie

3.2 uit 5van 11 resensies vir Hole in One Guest House and Conference Centre
Netheid
3.0/5
Diens
2.8/5
Ligging
3.5/5
Veiligheid
3.5/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ligging

  • Hole-in-One-laan 171, Ruimsig, Gauteng, 1724, Gauteng
  • Gaste dink Hole in One Guest House and Conference Centre het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hole-in-One-laan 171, Ruimsig, Gauteng, 1724, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAs0UNQruy6COZvoy8uT4bdUgOI0M1B5Gnt9Og1oWVOi9VaiyAme?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (vir 2 persone) 11 5 1 4 171 Hole in One Avenue Ruimsig 1724 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.079018 27.861737
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!